Local newsNews

Inwoners raadop met vuurwerke op Oujaarsaand

“Die Plofstofwet 26 van 1956 stipuleer dat geen vuurwerk binne geboue, deurgange, in openbare plekke of oorde afgevuur mag word nie.”

‘n Inwoner van Standerton, mnr. Albertus Geyser, het met die Standerton Advertiser oor die feesgety in verbinding getree oor die gebruik van vuurwerke en gebrek aan munisipale verordeninge.

Volgens mnr. Geyser het hy op 31 Desember adresse probeer kry waar vuurwerke geskiet word omdat die polisie dié inligting benodig het.

By een huis is minderjariges na bewering gesien wat sonder ouerlike toesig vuurwerke hanteer.

“Ek het by die polisie aangekom en hulle gevra watter wetgewing van toepassing is wanneer minderjariges vuurwerke hanteer, asook die skiet daarvan op die dorp.”

Volgens die inwoner, is hy onverrigter sake huiswaarts.

Mnr. Geyser het benadruk dat onsekerheid bestaan oor toepaslike wetgewing en hy gaan die saak opvolg.

“Ek het ook ‘n krimpvarkie in my erf gekry wat nog nooit gebeur het nie.”

Die koukusleier van die DA, mnr. Rosier de Ville, het op 2 Januarie ‘n persverklaring uitgereik waarin hy kommentaar oor die aangeleentheid lewer.

“Volgens sekere strafregkenners, sal mense wat nie binne die die riglyne van die owerhede en wetgewing bly nie, vir seker met die gereg bots en daarvoor toegesluit word.

“Die Plofstofwet 26 van 1956 stipuleer dat geen vuurwerk binne geboue, deurgange, in openbare plekke of oorde afgevuur mag word nie.”

Mnr. De Ville het ook gesë dat sy soeke of Lekwa enige verordeninge het wat dit reël, sover vrugteloos was.

“Ek is egter oortuig dat die publiek te enige tyd ‘n klag by die polisie in terme van die Plofstofwet kan indien.”

Hy het afgesluit deur te noem dat vuurwerke bykans alle diere getraumatiseerd laat en inwoners genooi om hom by 082 550 7802 te skakel om hul standpunt te stel.

“Kan ons toelaat dat ons elke jaar net hieroor praat of het die tyd nie aangebreek om iets hieraan te doen nie?” het mnr. De Ville gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button