CrimeNews

Wenk van boer en ACSU se flink optrede laat diewe aan die pen ry

Koeëls wat afgevuur is het suksesvol die voorste band van die wegkom-motor penetreer en die booswigte is afgetrek.

Twee reaksiespanne van ACSU het op 15 Januarie vermeende brandstofdiewe se planne in die wiele gery, nadat ’n plaaslike boer ’n wenk aan hul deurgegee het.

Die verdagtes het probeer spore maak, maar ACSU het hul agternagesit en waarskuwingsskote afgevuur.

Koeëls wat afgevuur is het suksesvol die voorste band van die wegkom-motor penetreer en die booswigte is afgetrek.

Geen beserings is tydens die voorval aangemeld nie.

Volgens mnr. Bester Maree, van ACSU, het die verdagtes diesel vanuit ’n vervoeronderneming se vragmotors getap.

Sowat 125l diesel, ter waarde van R2 000, is uit die vragmotor dreineer.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem en ’n derde is steeds soek.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button