CrimeNews

Booswigte teiken Oranjerivierstraat se honde

Gesin is hartseer oor hul hondjie

SECUNDA – Honde by drie huise in Oranjerivierstraat is die afgelope naweek vergiftig.

Een van die inwoners het op Sondagoggend, 12 Januarie hul hondjie, Jasper, dood op die grasperk aangetref.

“Ons laat hom juis in die huis slaap sodat hy nie vergiftig word nie,” het die inwoner gesê.

Die gesin het vir Jasper, ‘n kruisteling tussen ‘n Yorkshire-terriër en ‘n Skotse terriër, oudergewoonte Sondagoggend uitgelaat sodat hy ‘n draai buite kan loop.

“My dogter het hom uitgelaat en gewoonlik hardloop hy ‘n draai buite en kom dan weer in om te eet,” het die inwoner gesê.

“Hy het nie teruggekom om te eet nie en ek het naderhand vir my dogter gevra of hy al geëet het en sy het gesê dat hy nog buite is.

“Ons het gaan kyk en hom op die grasperk gesien lê.

“Hy was toe reeds dood, maar hy was nog warm.

“Terwyl ek en my dogter gehuil het oor ons hondjie, het ons gehoor die bure huil ook en later het ons gehoor hulle klein hondjie is ook vergiftig.”

Die bure se honde slaap juis ook in die huis vir veiligheid en hulle het ook hulle hondjie uitgelaat voor hy vergiftig is.

Dié inwoner het later gehoor van nog ‘n gesin in dieselfde straat waar drie honde dieselfde naweek gif ingekry het.

“Duidelik teiken diewe ons straat,” het die inwoner gesê.

Sy het StratconRisk geskakel wat uitgegaan het na die toneel.

Hulle het gehelp om dit op te ruim.

Stratcon sal nou in dié gebied patrolleer.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/136461/gesin-op-bethal-se-honde-vergiftig/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button