Local newsNews

VLU Talento Mulher-tak geniet eerste vergadering

Hulle het ook ’n nuwe lid, me. Magda van Aswegen bygekry en haar by die tak verwelkom.

Die Vroue Landbou-unie se Talento Mulher-tak, het op 14 Januarie hul eerste vergadering vir die jaar aangebied.

Volgens me. Sue Nell, voorsitter van dié tak, is al die vroue opgewonde oor die jaar wat voorlê, en het hulle reeds beplanning vir die jaar gedoen.

Hulle het ook ’n nuwe lid, me. Magda van Aswegen bygekry en haar by die tak verwelkom.

LEES OOK: VLU Robyn skop die jaar op positiewe noot af

Die lede het hul artikels,vir verskeie projekte ingehandig en besluit dat almal vanjaar hard gaan werk om aan elke projek deel te neem.

Vroue van die VLU word die geleentheid gegee om verskeie artikels te maak, wat aan elke lid asook die tak punte besorg.

Enige iemand wat by die VLU se Talento Mulher-tak wil aansluit kan me. Sue Nell by 084 889 8597 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button