Local newsNews

Feral Watch wil wilde katte laat steriliseer

Me. Labuschagne het op 12 Februarie gesê dat sy tans daagliks tussen 25 tot 30 katte kosgee nadat hul geleidelik gelok is vanuit die perseel tot by die begraafplaas oorkant.

Die wilde-kat-probleem by die Kosmos Aftree-oord blyk op die oog af opgelos te wees.

Die Standerton Advertiser het in Desember berig oor die bestuurder van die tehuis, mnr. Jack la Grange, en me. Riana Labuschagne van Feral Watch, wat koppe oor die aangeleentheid gestamp het.

Mnr. La Grange het destyds verwys na bejaardes se kontrakte (skedule 29) wat aandui dat geen troeteldiere op die perseel aangehou mag word nie en het aangevoer dat rondloper- en straatkatte wat deur inwoners aangeneem of gevoer word, as troeteldiere geklassifiseer word.

Die groeiende katbevolking en klagtes van inwoners is genoem.

Me. Labuschagne wat Feral Watch op die dorp op die been gebring het, het daarna aangevoer dat slange, muise en rotte ‘n plaag sal veroorsaak.

Mnr. La Grange het die rol van katte om knaagdiere onder beheer te hou, in twyfel getrek met verwysing van voorvalle op St. Helena en Marion-eiland.

“Die katte is weg en daar is net drie verdwaalde diere oor,” het hy op 6 Februarie gesê.

Volgens hom, het die inwoners onderling besluit om nie meer die katte te voer nie.

Me. Labuschagne het op 12 Februarie gesê dat sy tans daagliks tussen 25 tot 30 katte kosgee nadat hul geleidelik gelok is vanuit die perseel tot by die begraafplaas oorkant.

“Ek wil almal laat steriliseer,” het sy ook gesê.

Enigeen wat ‘n bydrae wil maak, kan ‘n inbetaling doen by óf Feral Watch and TNR se ENB-tjekrekening, takkode 270444, rekeningnommer 628 1460 9353 met naam en van as verwysing.

Mense kan ook geld inbetaal in Standerton Dierehospitaal se Standard Bank-tjekrekening, takkode 052943, rekeningnommer 252 264 002 met verwysing 11986.

Lees ook:

https://standertonadvertiser.co.za/99648/kosmos-aftree-oord-en-feral-watch-katgeveg/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button