ATKV samel boeke en tydskrifte in vir dialise-sentrum
Om boeke of tydskrifte te skenk, of vir meer inligting oor dié projek, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.
TRICHARDT – Die ATKV Kosmosrand-tak het op Vrydag, 21 Februarie ‘n boektrollie vol boeke en tydskrifte aan die B Braun Dialise-sentrum op Trichardt geskenk.
Me. Tracey van Wyk, voorsitter van dié ATKV-tak, het bewus geraak van hoeveel pasiënte daagliks dié dialise-sentrum besoek en dan lang ure daar deurbring terwyl hulle behandel word nadat sy met een van die taklede, me. Estelle Swart, gepraat het.
Me. Swart het nie meer niere nie en moet elke tweede dag dialise ontvang.
“Ons het dus besluit om vir hulle goeie boeke en tydskrifte te bring wat hulle kan lees terwyl hulle hier wag,” het me. Van Wyk gesê.
Sy het mense aangemoedig om boeke en tydskrifte wat nog in ‘n goeie toestand is, te skenk.
Om boeke of tydskrifte te skenk, of vir meer inligting oor dié projek, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.