Hoëveld Fotografieklub-lede skryf beste foto’s in
Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms by te woon
SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydagaand, 6 Maart hul vaardighede getoets en hul beste foto’s ingeskryf vir die maandelikse kompetisie.
Mnr. Pierre Jordaan was die wenner onder die senior fotograwe met sy foto, Wapperende Rooi Rok.
Mnr. Johan Viljoen was die beste onder die junior fotograwe met sy foto, Die Lighuis.
Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul werk ontvang het, is mnr. James Harris met sy foto, Juvenile Boomslang, mnr. Hanno de Beer met sy foto, Delicious Chocolate Stack, dr. Leon Pelser met sy foto, Tarantula Jaws en mnr. Danie Smit met sy foto Maghrib Prayer.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydagaand, 3 April om 6nm vir 6.30nm by die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.
Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.








