Local newsNews

Covid-19: Secunda-tafelaars skenk geld vir kospakkies om behoeftiges te help

#Dag30 van #SuidAfrikaLockdown: Die Round Table lewer vandag, 25 April by Trichardt dam, Davieshof en Unicor Dam sowat 350 pakkies af.

SECUNDA- Die Secunda Round Table 231 het ook ingespring om tydens die staat van inperking kospakkies aan behoeftiges in die Govan Mbeki-munisipale gebied te voorsien.

Secunda se tafelaars is onlang deur die Round Table van Witrivier genomineer om mense wat in hul gebied tydens die staat van inperking swaarkry, te help.

Die Round Table in Secunda het mnr. Imraan Salajee se uitdaging op Facebook aanvaar en R5 000 geskenk om sodoende 50 behoeftige gesinne elk met ’n R100-geskenkbewys vir kos te voorsien.

Volgens Secunda se voorsitter, mnr. Ruan van der Merwe, het Dewfresh ook aan die tafelaars kuideniersware van meer R4 000 geskenk.

“Ons het op Vrydag, 17 April, die Dewfresh-fabriek in Leandra besoek waar hulle ‘n winkel met wate soos meel, blikkies kos, melk en suiker het. Die produkte wat ons uit die winkel geneem het, het ons ondermeer by Unicordam gaan afgee,” het mnr. Van der Merwe gesê.

Elke lid van die Secunda Round Table het ook hul hare afgeskeer en toe vir die tak in Loskop (Round Table 233) genomineer om dieselfde te doen en die inwoners van Groblersdal te help.

Die Round Table is ‘n wêreldwye, nie-winsgewende organisasie wat gestig was met die doel om hul gemeenskappe te help.

Hul projekte sluit verskeie liefdadigheidwerk in, van die skenk van kospakkies tot geldinsamelingsaksies vir mense wat operasies benodig.

“Ons het so twee jaar gelede ‘n gholfdag gehou vir ‘n vrou wat ‘n dringende oogoperasie nodig gehad het. Sy het nie ‘n mediese fonds gehad nie en het toe vir ons genader. Ons het die laaste R55 000 wat sy kort was, direk aan die dokters betaal sodat sy die oog-operasie kon kry,” het mnr. Van der Merwe vertel.

Die Round Table lewer vandag, 25 April by Trichardt dam, Davieshof en Unicor Dam sowat 350 pakkies af.

Mnr. Imraan Salajee gaan vir die Round Table 100 pakkies ook aflewer. Mnr. Thys Loubser, eienaar van OK Foods Terra Nova, in Trichardt het ook pakkies geskenk.


Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button