Local newsNews

VLU-vroue deel vinnige en maklike resepte – Dag 6

VLU-vroue van Secunda- en Kinross-takke deel vinnige, maklike resepte wat vroue gedurende die inperkingstyd kan maak.

Resep vir die dag (Saterdag)

Me. Erith Hall het haar resep van pasta met frikkadelle gedeel.

Bestanddele vir die sous:

45ml botter

45ml koekmeel

410g tamatie- en uiesmoor

250ml beesvleisaftreksel

15ml vars pietersielie

45ml bruinsuiker

125ml room

Sout en peper na smaak

Frikkadelle:

2 snye vars witbrood

125ml melk

15ml olie

1 ui, fyn gekap

2,5ml knoffelvlokkies

800g beesmaalvleis

2 eiers

30ml vars gekapte pietersielie

Sout en peper na smaak

45ml blatjang

Pasta:

500g (1 pak) penne-pasta

Metode:

Sous:

  1. Smelt botter in kastrol en roer meel by. Voeg smoor, aftreksel, pietersielie en suiker by. Verhit tot kookpunt en prut 10 minute.
  2. Verwerk sous en room in voedselverwerker tot glad. Geur met sout en peper.

Frikadelle:

  1. Week brood in melk tot sag.
  2. Verhit olie in pan en soteer ui en knoffel tot sag.
  3. Meng brood, uimengsel en res van bestanddele. Vorm klein balletjies.
  4. Verhit ’n bietjie olie in braaipan en braai frikkadelle tot goudbruin.
  5. Plaas frikkadelle in oondpan, giet sous bo-oor en bak vir 30 minute.

Pasta:

  1. Kook pasta in borrelende water met bietjie sout tot al dente (net gaar). Dreineer en roer bietjie olie deur.
  2. Skep frikkadelle met sous oor warm pasta en meng deur.
Me. Erith Hall se pasta met frikkadelle.

Lees ook: 

Resep van die dag (Maandag)

Me. Tracy Fourie het haar resep van taai lemmetjiespoeding met die Ridge Times gedeel.

Resep vir die dag (Dinsdag)

Me. Sophie Hugo het haar resep van maalvleis-rolbrood gedeel.

Resep van die dag (Woensdag)

Me. Sophie Hugo het haar resep van mikrogolfoond-sponskoek gedeel.

Resep vir die dag (Donderdag)

Me. Fiona Viljoen het haar resep vir spesiale broodjies gedeel.

Resep vir die dag (Vrydag)

Me. Christa Barnard het haar resep van kaas-muffins gedeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button