Vroue stap heeldag om geld vir Bethal DBV in te samel
Die vroue wat vandag om hul huis gestap het om geld vir die Bethal DBV in te samel, het gesamentlik 150km afgelê.
Opvolg 25 April, 7.40pm
Die vroue wat vandag om hul huis gestap het om geld vir die Bethal DBV in te samel, het gesamentlik 150km afgelê.
Me. Anneke Combrinck het 64km gedraf terwyl me. Louanne Moller en me. Gwynneth Walters-Gerout elk 43km gestap het.
Die geld wat ingesamel is, sal moontlik teen Maandag bereken wees.
Die DBV hoop om hierdie uitdaging ‘n jaarlikse instelling te maak.
25 April, 12pm
BETHAL – Drie vroue van Bethal stap vandag, 25 April, van 6vm tot 6nm om hul erf om geld en kos vir Bethal DBV in te samel.
Me. Anneke Combrinck, me. Louanne Moller en me. Gwynneth Walters-Gerout woon op dieselfde erf en het vanoggend met die 300m-roete om die huis weggespring.
Die hoeveelheid rondes wat hulle teen die einde van die dag afgelê het, sal bereken word om uit te werk hoe vêr hulle elk gestap het.
Die vroue het ook borge gekry om hulle per km te borg.
Ondersteuners kan steeds vandag die DBV skakel en die vroue borg.
Die dierewelsynsorganisasie, Because Dogs & Co, het ook reeds R500 tot vandag se aksie geskenk.
Skakel Bethal DBV by 066 397 1630 om donasies te gee of om die vroue te borg.
Lesers kan ook die DBV se Facebookblad besoek en selfs daarop hul borgskappe beloof.
Kyk die video hier:



