Local newsNews

AfriForum handig 42 5-liter-bottels handreiniger en 420 gesigmaskers aan verskeie takke

AfriForum het op 15 April ’n verdere 4 000 bottels handreiniger en 3 200 gesigmaskers na sy 53 takke in die noordstreek versprei om gemeenskappe te ondersteun.

AfriForum se Hoëveld-takke in Mpumalanga het op 17 en 18 April handreiniger en gesigmaskers ontvang om hulle en die gemeenskap teen die opdoen van Covid-19 te help beskerm.

Twee-en-veertig 5 liter-bottels handreiniger en 420 gesigmaskers is aan verskeie takke afgelewer om in hul onderskeie gemeenskappe te gaan versprei waar daar nood is.

Dít volg nadat die burgerregteorganisasie die afgelope twee weke ’n nasionale projek van stapel gestuur het waartydens 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk is.

AfriForum het op 15 April ’n verdere 4 000 bottels handreiniger en 3 200 gesigmaskers na sy 53 takke in die noordstreek versprei om gemeenskappe te ondersteun.

Handreiniger en gesigmaskers is reeds aan die volgende instansies uitgedeel:

  • Nkondo Polisie in Piet Retief
  • Helpende Hand in Witbank
  • Ermelo Polisie
  • Sport Inn Shelter in Ermelo

“AfriForum se Hoëveld-takke bied deurlopend bystand aan hul gemeenskappe om te verseker dat hulle die nodige hulp ontvang om die verspreiding van Covid-19 te help voorkom,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor die staat van inperking en Covid-19 te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button