Local newsNewsUpdate

Bekende Bethaller, mnr. Phillip Malan, sterf

'n Privaat verassing gaan vir wyle mnr. Phillip Malan wat verlede week oorlede is, gehou word.

OPVOLG: 28 April, 9.30am

‘n Privaat verassing gaan vir wyle mnr. Phillip Malan wat verlede week oorlede is, gehou word.

Weens die huidige inperking, kan ‘n gedenkdiens nie gehou word nie.

Volgens mnr. Daan Malan, seun, sal die familie na die inperking ‘n gedenkdiens hou.


26 April, 12.30pm

Mnr. Phillip Malan (87), bekende melkboer en voormalige politikus, is gisteraand in sy slaap dood.

Mnr. Malan se gesondheid het volgens sy seun, mnr. Daan Malan, die laaste tyd agteruitgegaan.

Hy het in die negentigs ‘n hartomleiding gehad en twee jaar gelede ‘n heupvervanging. Hy het sy ander heup ‘n jaar gelede gebreek.

“Sedertdien het dit maar moeilik gegaan,” het mnr. Malan (jnr) gesê.

Mnr. Malan was jare gelede die LPR vir Bethal toe mnr. Greyling Wentzel die LP was.

Hy het later jare op die landboukredietraad gedien wat met die nuwe bedeling ontbind is.

Mnr. Malan se pa het die melkboerdery in 1926 begin. Hoewel mnr. Malan regte studeer het, was politiek en boerdery in sy bloed.

Mnr. Malan word oorleef deur sy vrou, Esther, drie kinders, 10 kleinkinders en vier agterkleinkinders. Die Malan-egpaar se een seun Johan, is sowat 30 jaar gelede op die plaas vermoor.

Mnr. Malan (jnr) het gesê dat begrafnisreëlings in die week getref sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button