Local newsNews

Kosmos Aftree-oord op Standerton hou besmettingsyfer noukeurig dop

"Die lewens van ons inwoners is meer werd as die koste verbonde aan die inperking.”

Die ouetehuis neem die nodige stappe om die bejaardes teen die koronavirus te beskerm.

Volgens die bestuurder van die tehuis, mnr. Jack la Grange, is hulle tans op soek na ‘n geskikte, senior suster, sowel as gekwalifiseerde verpleegpersoneel.

“Inwoners het goed aangepas en voel veilig,” het mnr. La Grange gesê.

Bejaardes word daagliks gemonitor en veral verpleegpersoneel moet ’n vraelys oor hulle gesondheid beantwoord.

Die oord het ook ’n grassnyer te lene gekry om die die gras so kort as moontlik voor die winter te sny.

“Die lewens van ons inwoners is meer werd as die koste verbonde aan die inperking,” het mnr. La Grange mee afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button