OPVOLG: Dean Lee van Meyerville is gevind
"Vir elkeen wat die koue saam met ons trotseer het, of in 'n voertuig op per fiets, elke kilometer word waardeer," het Chantel gesê.
OPVOLG: Lee-gesin bedank almal wat help soek het na Dean
Deon en Chantel het gese dat dit ‘n riem onder die hart was om die gemeenskap se hulp te beleef.
“Vir elkeen wat die koue saam met ons trotseer het, of in ‘n voertuig op per fiets, elke kilometer word waardeer,” het Chantel gesê.
OPVOLG: 16 Junie – Dean Lee is gevind en veilig
Volgens inligting ontvang ‘n paar minute gelede, is hy ongedeerd. Hy was vermis sedert Maandagmiddag nadat hy gaan draf het.
Dean Lee het Maandag 15 Junie omstreeks 4nm gaan draf in De la Reystraat, Meyerville.
Hy is sedertdien soek.
Skakel Chantel Lee by 060 504 6048 met enige inligting.
‘n Soekgeselskap is op die been gebring en sal voortgàan sodra dit lig word.




