SECUNDA – ’n Roudiens vir mnr. Marthinus Deetlefs (35), ’n oud-inwoner wat verlede week weens motorneuronsiekte (MNS) dood is, word op Vrydag, 19 Junie, via Zoom aanlyn uitgesaai.
Mrnr. Deetlefs is verlede jaar met MNS, dieselfde siekte wat Springbok Joost van der Westhuizen geëis het, gediagnoseer. Hy en sy seuntjie, Juandré (8) het sowat 11 maande gelede by sy ouers in die Kaap gaan woon voordat hy op 8 Junie dood is.
Hy word Vrydag om 11 in Secunda begrawe, maar omdat slegs 50 mense die kerkdiens mag bywoon weens die reguglasies rondom Covid-19, het sy familie besluit om roubeklaers op Zoom te laat inskakel. Die kerkgetal is reeds vol.
Mense wat op Zoom wil inskakel, kan vir Janine hul epos-besonderhede na janinedeetlefs@googlemail.com stuur. Toegang tot Zoom moet vooraf gereël word. Janine sal bevestig dat sy die epos wel ontvang het en besonderhede aangaande die skakel stuur.
Dié skakel mag glad nie aangestuur word nie omdat Zoom slegs vir ’n sekere aantal mense aangekoop word en die familie graag wil verseker dat almal wat gereël het, wel toegang tot die begrafnis het.



