AdvertorialNewsSchools

Laerskool Secunda bied Digitale Opedag aan op 30 Junie 2020

Met die uitbreek van die Covid-19 pandemie, is organisasies en spesifiek skole, genoodsaak om die digitale milieu te betree.

Laerskool Secunda Digitale Opedag 30 Junie 2020 om 18:00 (Facebook en Youtube)

Laerskool Secunda het sy deure in 1978 vir die eerste keer geopen as die eerste laerskool in Secunda.

Dit is ‘n skool waar kinders welkom is én voel: ELKE KIND MAAK SAAK, want elke kind is ‘n wenner!

As ‘n laerskool wat Christelike waardes nastreef glo ons dat ‘n Christelike grondslag van kardinale belang is.

Dit dra by tot al die sukses wat hierdie skool reeds bereik het én nog gaan bereik.

Laerskool Secunda is ‘n Afrikaansmedium skool wat met uitnemendheid daarna streef om gelukkige, gebalanseerde ouers en onderwysers in moderne onderwys daar te stel.

Dit is ‘n skool wat omgee vir die leerders, ouers en personeel, asook die breër gemeenskap, borge en alle belangegroepe.

By Laerskool Secunda leer ons kinders hard, maar hulle speel nét so hard. Akademiese sukses is ons topprioriteit. Sport-, kultuur- en sosialeontwikkeling geniet aandag deur middel van passievolle, gekwalifiseerde personeel.

Met die uitbreek van die Covid-19 pandemie, is organisasies en spesifiek skole, genoodsaak om die digitale milieu te betree.

Laerskool Secunda het hierdie digitale uitdaging aanvaar.

Ons digitale opedag vind op 30 Junie 2020 op Facebook en Youtube plaas.

U kan hierdie geskiedkundige gebeurtenis meemaak deur op die volgende skakel te registreer: Klik hier vir digitale opedag registrasie

Die aanlyn aansoekvorms is ook beskikbaar deur op die volgende skakel te klik: Klik hier vir aanlyn aansoekvorm vir 2021

Laerskool Secunda is verseker dié nommer een keuse vir ‘n Laerskool in Secunda.

Vir verdere navrae skakel gerus die skool by 017 634 7612 of stuur ‘n e-pos na skakel@secundalaer.co.za of chrissie@secundalaer.co.za

ELKE KIND IS ‘N WENNER. #WENNER

[Inligting verskaf deur Laerskool Secunda]

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button