Local newsNews
Jan Bothma verloor kankerstryd
Die Bothma-egpaar se familie het verskeie mense vir hul hulp tydens mnr. Bothma se siekbed, en ook daarna bedank, onder andere vir Hardus Pieterse, Coen en Linda Botes, Sarah en elkeen wat met kos en geld gehelp het.
BETHAL – Mnr. Jan Bothma, ’n jarelange inwoner van die Bethal-distrik het op 19 Junie sy stryd teen kanker verloor.
Dié 73-jarige is in die Bethal Hospitaal dood.
Hy en sy vrou Judith het op die die plaas Dikkop gewoon. Me. Bothma, wie self ook ’n beroerte gehad het, het haar man tot op die laaste versorg.
Sy sal vandeesweek na ’n versorgingsoord in Ermelo verhuis.
Die Bothma-egpaar se familie het verskeie mense vir hul hulp tydens mnr. Bothma se siekbed, en ook daarna bedank, onder andere vir Hardus Pieterse, Coen en Linda Botes, Sarah en elkeen wat met kos en geld gehelp het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!