Local newsNews

Die Wolkskool bly gratis aanlyn tot einde van die jaar

Volgens mnr. Valentyn van der Merwe, hoof van Innovasie by die SOS, sal Die Wolkskool Afrikaanse skole ’n groot hupstoot gee met hulle nuwe funksionaliteit, wat onderwysers in staat stel om met leerders te kommunikeer, selfs dié wat nie skool kan bywoon nie.

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het in ’n persvrystelling vandag 25 Junie, inligting oor hulle werksaamhede gegee.
Tydens inperking is onderwys op verskeie terreine beskerm en ondersteun. Skole en kleuterskole se regte om oop te maak is tot in die hof beveg, duisende onderwysers is opgelei om afstand-leer te optimaliseer en Die Wolkskool het aanlyn-onderrig vir meer as 116 000 leerders moontlik gemaak.
Kontak-onderrig het weer vir baie leerders hervat, maar duisende leerders baat steeds by Die Wolkskool se aanlynklasse. ʼn Verdere 1 800 onderwysers gebruik tans dié platform om hulle eie digitale klaskamers te bestuur, opdragte te plaas en terug te ontvang, en met leerders te kommunikeer.
Die persvrystelling het ook gesê dat die finansiële druk op huishoudings en skole, wat swaar getref is deur die Covid-19-pandemie, die SOS laat besluit het om Die Wolkskool tot aan die einde van die jaar gratis beskikbaar te stel vir alle leerders en skole.
Volgens mnr. Valentyn van der Merwe, hoof van Innovasie by die SOS, sal Die Wolkskool Afrikaanse skole ’n groot hupstoot gee met hulle nuwe funksionaliteit, wat onderwysers in staat stel om met leerders te kommunikeer, selfs dié wat nie skool kan bywoon nie.
“Tesame met die bestaande inhoud van meer as 4 000 videolesse, assessering en werkkaarte, skep Die Wolkskool ʼn uitstekende platform om vlakke van leer na nuwe hoogtes te neem,” het mnr. Van der Mewe bygevoeg.
“Ons nooi alle onderwysers om tot die einde van 2020 hierdie funksies gratis te gebruik om hulle klaskamers te bestuur. Die SOS wil graag onderwysers ondersteun wat tans kontakklasse en aanlyn-onderrig tegelyk moet volhou. Ons bied terselfdertyd aan skole die geleentheid om ‘n nuwe manier van skoolgee te beproef, sodat hulle volgende jaar kan wegspring met tegnologie en gebruike, wat reeds deur toplande suksesvol geïnkorporeer word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button