Local newsNews

Nuwe brandverbod is in Mei afgekondig

Daar kan egter , behalwe as toestemming vir sodanige brand gegee is deur die brandvereniging.

HOëVELD – Die brandverbod bepaal dat geen brande gamaak mag word, behalwe vir die maak van kos nie.

Ander brande mag slegs gestig word as toestemming vir sodanige brand gegee is deur die brandvereniging. Die brandvereniging vir die Govan Mbeki-munisipale gebied is die Highveld East Fire Protection Association (HEFPA).

Die beheer van brande word aangespreek in die Wet op Veld en Bosbrande (Wet 101 van 1998). Ingevolge dié wet is daar ’n brandverbod afgekondig vanaf 15 Mei totdat dit opgehef word. Die opheffing hang af van wanneer die reën begin val na die winter.

Die reuk van ’n veldbrand is nou maar in meeste Hoëveld-bewoners se geheue ingeëts, en dit is nie lank voordat die brandseisoen weer eens vlam vat nie.

Grondeienaars is tans besig om voorbrande te maak om in die geval van ’n brand, enige skade aan hul eiendom of die van ander, te voorkom en/of te minimaliseer.

As die verlede egter ’n aanduiding is van hoe sake gedurende veldbrande benader word, dan kan ’n mens maar rus in die wete dat boere en ander rolspelers in die landbousektor, met die nodige kennis toegerus is, om die verlies van lewens asook skade aan eiendom, te probeer verhoed of te beperk.

Soos in die brandwet vervat, moet alle grondeienaars egter notisie van die volgende neem:

• Elke eienaar op wie se grond ’n veldbrand kan ontstaan, brand of versprei, moet brandstroke aan sy of haar kant van die grens voorberei en onderhou.
• Vooraf moet daar met die eienaars van aangresende grond asook die brandbeskermingsvereeniging in die gebied, sou daar een wees, in verbinding getree word om ’n datum waartydens brandstroke gemaak kan word, vas te stel.
• As’n ooreenkoms nie bereik kan word nie, moet die eienaar aan die aangrensende grondeienaars of brandbeskermingsvereniging, minstens 14 dae skriftelike kennis gee van die dag of dae wat hy of sy die beplande brandstroke wil maak, onderworpe aan omstandighede/brandgevare wat dalk dit kan verhoed.
• Die aangrensende grondeienaar wat op ’n dag ooreengekom het, of wie die kennisgewing ontvang het, moet op dieselfde dag of dae ook brandstroke maak.

‘n Voorbrand wat deur HEFPA in die Govan Mbeki-munisipale gebied gekontruleer word. Foto verskaf

Ongeag die stappe geneem deur grondeienaars mag hul egter nie brandstroke maak indien:

• Die brandbeskermingsvereniging beswaar teen die voorstel gemaak het nie
• ’n Waarskuwing uitgereik is weens die brandgevaar in die gebied wat hoog mag wees
• Toestande wat nie geskik is vir brandstrokie nie

Eienaars wat verplig word om brandstroke te maak moet die volgende vereistes vir brandstroke in ag neem:

• Weer, klimaat, terrein, plantgroei in die gebied
• Die brandstrook moet wyd genoeg wees om die moontlikheid van verspreiding van ’n veldbrand na naburige eiendom te voorkom
• Dit moet nie gronderosie voortsit nie
• Dit moet vry wees van ontvlambare materiaal wat die brand oor die gedeelte kan dra.

HEFPA is by die Departement of Landbou, Bosbou en Vissery geregistreer en is ook as ’n nie-winsgewende organisasie wat skenkings mag ontvang, by die Ontvanger van Inkomste aangeteken.

Hulle beheer die maak van brande deur permitte uit te reik aan enige iemand wat ’n brand moet maak. Permitte word uitgereik as die Brand Gevaar Indeks (BGI) en die voorspelde winde binne sekere riglyne is.

“HEFPA het sover 98 permitte uitgegee vanaf 15 Mei tot Vrydag, 12 Junie,” het die voorsitter, mnr. Gert Kuhn, gesê.

“Voorbrande word ook deur die wet gereguleer en bepaal dat elke grondeienaar voorsorg sal tref dat ’n brand nie vanaf sy grond na enige aangrensende grond sal versprei nie. Die grondeienaars in die GMM-omgewing het sover vir die seisoen 130km voorbrande en 51 hektaar blokbrande gedoen. Grondeienaars word aangemoedig om by HEFPA aan te sluit,” het Mnr. Kuhn bygevoeg.

‘n Voorbrand wat deur HEFPA in die Govan Mbeki-munisipale gebied gekontruleer word. Foto verskaf

Die wet bepaal die volgende:

As ’n brand van ’n brandverenigingslid se grond af versprei, moet die persoon waarnatoe die brand versprei het bewys dat die lid nie die nodige voorsorg getref het nie, daarinteen moet ’n persoon wat nie ’n lid van ’n brandvereniging is nie bewys dat hy genoegsame voorsorg getref het.

Die oorgrootte meerderheid versekeringsmaatskappye dring op brandverenigingslidmaatskap aan voordat hulle brandversekering op grond uitreik. HEFPA doen ook brandverslae vir hulle lede indien dit verlang word vir versekerings- en/of siviele eise.

Enige persoon wat belangstel om ’n lid van HEFPA te word, kan gerus op die webblad www.hefpa.co.za gaan kyk, of vir Gert op 082 084 6921 of Michelle op 082 370 0344 skakel.

‘n Voorbrand wat deur HEFPA in die Govan Mbeki-munisipale gebied gekontruleer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button