Local newsNews

Ongeluk buite Ermelo op Chrissiesmeer-pad eis lewe

Die Hoëvelder kon egter nie dié beserings wat deurgegee is, bevestig nie, en inligting rakende die oorsaak van die ongeluk is nog onduidelik.

’n Ongeluk sowat 10km buite Ermelo op die Chrissiesmeer-pad, het die lewe van een persoon op 3 Julie geëis.

Na wat verneem word het ’n Fortuner met vyf insittendes gerol en eindelik langs die pad tot stilstand gekom.

Die bestuurder van die voertuig is tydens die ongeluk dood nadat hy glo weens die impak uit die voertuig geslinger is.

Na wat verneem word van medici wat van die ongeluk kennis dra, het die passasiers glo onder andere, rugbeserings en ’n moontlike gebreekte arm opgedoen.

Die Hoëvelder kon egter nie dié beserings wat deurgegee is, bevestig nie, en inligting rakende die oorsaak van die ongeluk is nog onduidelik.

ER24, die plaaslike polisie, wegsleepdienste en die brandweer was op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button