Local newsNews

Botsing voor Perdekop eis twee lewens

All Star Towing Services het omstreeks 5.30nm op die toneel opgedaag.

‘n Gru-ongeluk wat die lewens van twee mense geëis het, het op Sondagaand 5 Julie plaasgevind.

Die kop-teen-kop botsing, het voor Perdekop gebeur.

All Star Towing Services het omstreeks 5.30nm op die toneel opgedaag.

Volgens mnr. PJ Nel van die insleepdienste, was die Perdekop Polisie ook op die toneel en provinsiale ambulansdienste het na die oorledenes omgesien.

Die pad is vir geruime tyd vir verkeer gesluit.

Die name van die slagoffers kan nie in dié stadium bekendgemaak word nie omdat die naasbestaandes eers in kennis gestel moet word.

Twee mense is dood na ‘n kop-teen-kop botsing op 5 Julie voor Perdekop. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button