Gemeenskap spring self in om Standerton skoon te kry
Ratepayers het Maximed, Mica, Midas, Clearwater Plumbing, Ritchie, AfriForum, Clasics Signs, Talisman Hire, Bumika Project en Coastal Hire vir hul ondersteuning bedank.
Die Lekwa Munisipaliteit se vullisverwydering wat tot stilstand gekom het, het Lekwa Belastingbetalersvereniging, sowel as AfriForum, genoop om op Saterdag 4 Julie moue op te rol.
Die belastingbetalersvereniging het reeds vroeër verlede week ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om te help met die skoonmaakaksie.
‘n Groep mense het omstreeks 8vm in Mbonani Mayiselastraat voor die munisipale kantore bymekaargekom.
Volgens ‘n vrystelling, sou elke vrag aansienlik help om die strate skoon te kry.
Hul mediawoordvoerder, me. Wilma Venter, het gesê die gemeenskap moet saamstaan, wat dienslewering aanbetref,
Dié vereniging het tussen 8vm en 5nm vullissakke in Meyerville, die middedorp, Kosmospark, Florapark, die industriële gebied, Azalea Stanwest, Mahalapark, Parktown en Phalama Section opgetel.

Ondernemings op Standerton het ook bygedra om te help met dié inisiatief.
Die belastingbetalersvereniging het Maximed, Mica, Midas, Clearwater Plumbing, Ritchie, AfriForum, Clasics Signs, Talisman Hire, Bumika Project en Coastal Hire vir hul ondersteuning bedank.
AfriForum was ook druk besig in die middedorp en het vroeg reeds rivier se kant toe beweeg.
Volgens mnr. Bronwen Pretorius, distrikskoördineerder vir AfriForum op die Hoëveld, kon hulle ses vragte in die middedorp optel en een vrag in Meyerville.
Mnr. Piet Boer het ‘n vragmotor beskikbaar gestel en werkers is gehuur.
‘n Foto van hoe die stortingsterrein daarna uitsien, is ook die naweek ontvang.
Die Standerton Advertiser het reeds op 25 Junie navraag by die kommunikasiebestuurder van die Lekwa Munisipaliteit, me. Thobeka Mtshiselwa, gedoen om die bewering dat werkers nie oortyd betaal word nie, te bevestig.
Me. Mtshiselwa het toe gesê dat oortydbetaling volgens ‘n kollektiewe ooreenkoms geskied, maar sy kon nie aandui watter werkers hierby betrokke is nie.
‘n Daaropvolgende WhatsApp-boodskap is op Saterdag 4 Julie gestuur met dieselfde navraag, en ook of onderhandelinge begin het, sou die bewering waar blyk te wees.
Geen kommentaar is teen druktyd ontvang nie.





