Local newsNews

Laerskool JJ van der Merwe meld eerste Covid-19 geval

Ander personeellede wat moontlik in aanraking met die betrokke personeellid gekom het, is in kwarantyn geplaas.

’n Personeellid van Laerskool JJ van der Merwe wat in die klerewinkel werk het Woesdag, 8 Julie, positief vir Covid-19 getoets.

Die skoolhoof, mnr. Marius Nel, het ’n mediaverklaring uitgereik, waarin genoem is dat die betrokke personeellid in die hospitaal opgeneem is

Ander personeellede wat moontlik in aanraking met die betrokke personeellid gekom het, is in kwarantyn geplaas.

Die klerewinkel is weer gesaniteer en behoorlik skoongemaak.

LEES OOK: Leerder by Ligbron Akakdemie vir Tegnologie toets positief vir Covid-19

Die skool sê dat alle nodige prosedures gevolg is en dat die onderwysdepartement, beheerliggaam en JJ-personeel in kennis gestel is.

Die aanbeveling van die Mpumalanga Departement van Onderwys, is dat almal wat direk betrokke is, dadelik inlig moet word.

Die skool sal normaalweg vootgaan.

Gedeeltes uit die mediaverklaring lui:

Ons dra die betrokke persoon en haar familielede in hierdie tyd aan die Here op en bid vir spoedige herstel.

As ouergemeenskap moet u weet dat ons met groot verantwoordelikheid optree en beslis niemand se lewe in gevaar wil stel nie.

Die realiteit is dat hierdie voorvalle vanjaar waarskynlik nog ’n paar keer gaan gebeur, nie net by Laerskool JJ van der Merwe nie, maar by alle skole.

Ons doen ’n ernstige beroep op ons ouergemeenskap om slegs die feite oor te dra en nie betrokke te raak by allerhande vals nuus nie.

Saam met die beheerliggaam het ons ’n besluit geneem dat ons slegs reageer op bevestigde gevalle met ware mediese dokumente en nie op hoorsê of skindernuus.

Hierdie is ook weer ’n tydige waarskuwing en beroep op almal om ten alle tye Covid19 dissipline toe te pas.

Maskers, sosiale afstand en sanitering het ongelukkig deel van ons lewe geword en ons moet veral ons kinders hierin behoorlik opvoed.

Baie sterkte met die groot taak wat u as ouers het.

Baie dankie vir u begrip en ondersteuning aan die skool en sy personeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button