Local newsNews

Janelle Huis bedank gemeenskap vir donasies en bystand tydens die nasionale inperking

'n Donasieboks wat die NG Kerk Evander neergesit het vir die gemeentelede om die Janelle Huis te ondersteun.

EVANDER- Mev. Estelle Coetzer, hoof van die Janelle Huis, plek van veilige bewaring vir kinders in Evander, het haar dankbaarheid teenoor die mense en organisasies uitgespreek vir hul donasies en bystand tydens die nasionale inperking weens die Covid-19-pandemie.

“As iemand al ooit gewonder het waar is die beste plek om te wees en te bly, kan ek met alle eerlikheid sê dit is in Secunda, Kinross en Evander.

“Ons omgewing se mense het die allermooiste harte en almal is so liefdevol en opreg. My hart loop oor van dankbaarheid teenoor elke liewe man en vrou wat so ontsettend goed vir ons kinders gesorg het in hierdie tyd,” het mev. Coetzer gesê.

“Dié mense en organisasies is Shofar Gemeente, Nader Volle Evangelie Kerk Secunda, Gereformeerde Kerk Secunda, Rondekerk Secunda, Henry en Ansie Buys, Peppie Petherbridge, Johan Pretorius, Jess Murray, Abey en sy manne en Mariaan Chamberlain.”

Janelle Huis het ook elkeen bedank wat gehelp het met verjaarsdagkoeke, doktersonkostes, kruideniersware, warm sop, etes, groente, lekkers en koekies en skyfies, babadoeke en afveelappies, medisyne, klere, skoonmaakmiddels en vele meer.

“Ek dank God vir elkeen van julle,” het mev. Coetzer gesê.


Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button