Local newsNews

AfriForum brei uit en kry hulpbronne

Raak berokke en beveilig jou gemeenskap

HOëVELD – AfriForum se Teks-tak wat Trichardt, Evander, Kinross en Secunda insluit, het onlangs herhalers opgerig om ‘n radionetwerk aan sy lede op die dorp en op plase beskikbaar te stel.

Volgens mnr. Bronwen Pretorius, distrikskoördineerder van AfriForum vir die Hoëveld, sluit dit ‘n hoëbandstelsel vir dorpsbewoners en patrolleerders in.

“Doeltreffende radionetwerke is van kardinale belang om veiligheid in gemeenskappe en op plase te verbeter,” het mnr. Pretorius gesê.

“Dit help dat veiligheidsinstansies vinnig kan reageer in geval van nood.”

Mnr. Dawie de Villiers, AfriForum Teks-tak se veiligheidsvoorsitter, het gesê hulle moedig die gemeenskap aan om by AfriForum se tak- en veiligheidstrukture aan te sluit om ‘n veilige toekoms te help skep.

Inwoners in nood kan AfriForum se noodnoommer, 079 488 7608, skakel.

Om by AfriForum se veiligheistrukture betrokke te raak en te help om jou gemeenskap te beveilig, SMS jou naam na 45350. ‘n SMS kos R1.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button