Local newsNews

Bekende boer in die Holmdene-distrik oorlede

Sy eggenoot Estelle se huldeblyk het klem gelê op sy sagtheid, barmhartigheid en vrygewigheid. 

Mnr. Arrie Eksteen van die plaas Hilversum is op 6 Julie aan Covid-verwante komplikasies oorlede.

Petrus Arnold Eksteen is op 22 Maart 1956 op Bethlehem gebore.

Hy was ‘n saai- en veeboer en het ook ‘n pluimvee- en wildsplaas bedryf.

Mnr. Malan van der Merwe, makelaar van Standerton, het hul werksverhouding wat oor 30 jaar gestrek het, soos volg verwoord: “Ek sal hom altyd onthou as ‘n karaktervolle, doelgerigte en suksesvolle mens wat vir sy medemens omgegee het. Dit was ‘n voorreg en plesier om met hom sake te doen.”

Sy eggenoot Estelle se huldeblyk het klem gelê op sy sagtheid, barmhartigheid en vrygewigheid.

Me. Eksteen het ook in herinnering sy lewensvreugde, integriteit en liefde vir mense, geroep.

Hy word nagelaat deur Estelle, seuns Frikkie, Lourens en Nelis en jongste dogter, Anri met onderskeidelik hul gades Louise, Liezel, Lario en Kobus, sowel as 10 kleinkinders. Arrie se broer, Werdi en susters, Alta en Riana vorm deel van die hegte familie.

Mnr. Arrie Eksteen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button