Local newsNews

Ermelo Fotoklub fotograwe mág maar spog

Die klub bied die geleentheid aan beginnerfotograwe om by ander te leer en hul vaardighede te verbeter.

Ermelo Fotoklub se lede het op 7 Julie hul maandelikse inskrywings vir beoordeling ingestuur.

Mnr. André Serfontein van Nelspruitwas vandeesmaaand se beoordelaar.

Die klub bied die geleentheid aan beginnerfotograwe om by ander te leer en hul vaardighede te verbeter.

Maandeliks kry fotograwe die kans om drie foto’s in die ope-afdeling en een foto in die vasgestelde onderwerp-afdeling in te skryf.

Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was “Troeteldiere”.

Me. Marí Kruger het die junior-afdeling met haar foto, Don’t call me stereotypical, gewen en mnr. Leon Drotsky se foto, Strandkapperjolle, het die senior-afdeling gewen.

In die ope-afdeling is me. Adelé Smith se foto, Half perfect, as die 1 ster-wenner aangewys, me. Marí Kruger se foto, Lion Fuss, het die 2 ster-afdeling gewen en mnr. Jacques Kruger se foto,

Morning Drink, is as die wenner in die 3 ster-afdeling aangewys.

Mnr. Kruger se foto is ook as die algehele junior-wenner aangewys.

Mnr. Andrew Roos se foto, Hummingbird moth in garden, is as 4 ster-wenner aangewys en mnr. Leon Drotsky se foto, Piazza San Marco, het die 5 ster-afdeling gewen.

Mnr. Drotsky se foto is ook as die algehele senior-wenner aangewys.

Die klub se volgende sluitingsdatum vir inskrywings is 12 Augustus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button