Local newsNews

Sakeman op Standerton leef sy beginsels uit

Volgens die sakeman, is dit vir karwagte soms moeilik om betyds te wees vanweë die besige tyd by kleinhandelwinkels.

Haweloses op Standerton slaap gedurende die grendeltydperk onder meer langs die Standerton Poskantoor.

‘n Sakeman van die dorp het hom oor hawe- en werkloses ontferm en gee weeksdae om 5nm ‘n koppie koffie en sakkie koekies aan elkeen wat by sy onderneming opdaag.

Volgens hom, is dit vir karwagte soms moeilik om betyds te wees vanweë die besige tyd by kleinhandelwinkels.

“Die getalle wissel tuseen 25 en 35 mense,” het hy gesê.

‘n Ketel het op Woensdag 10 Julie reeds geborrel op ‘n gasstofie agter in die onderneming en koekies was byderhand.

‘n Kort, kragtige Christelike boodskap, voorafgegaan met musiek, is aangebied voordat die aanwesiges buite gestaan en koffie drink het.

Volgens die sakeman, het die die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling net na die grendeltydperk in werking getree het, die Standerton Stadsaal beskikbaar gestel.

Die saal was met klere en beddegoed toegerus, maar die haweloses het dit nie gebruik nie.

Haweloses op Standerton het geen ander keuse as om kartonne as beskerming teen die winterkoue te gebruik nie.
n Sakeman van Standerton gee weeksdae vir werk- en haweloses ’n koppie koffie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button