Local newsNews

AfriForum gryp in met selfdoenaksie op Standerton

Lekwa Munisipaliteit het op Maandag 6 Julie wel die houer in Burgerstraat skoongemaak.

AfriForum se Standerton-tak het op 4 Julie ‘n vullisverwyderingsprojek van stapel gestuur nadat munisipale werkers nie vullis verwyder het nie.

Volgens ‘n persvrystelling van die burgerregteorganisasie, is sewe vragte vullis (8 ton per vrag) na die vullisterrein weggery.

“Dit is indrukwekkend om te sien hoe die Standerton-gemeenskap saamstaan om ‘n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak,” het mnr. Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se buurtwag op Standerton, gesê.

“Ons wil ook die taklede, P. Boer Edms. vir die gebruik van hul vragmotor, asook die werkers bedank vir hul hulp om die dorp weer netjies en skoon te maak.”

“Belastingbetalers het die reg tot basiese dienslewering en indien die munisipaliteit versuim om hul grondwetlike pligte na te kom, sal AfriForum met selfdoenaksies ingryp,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

Die houer is Burgerstraat is op 6 Julie skoongemaak.

Lekwa Munisipaliteit het op Maandag 6 Julie wel die houer in Burgerstraat skoongemaak.

Die Standerton Advertiser het by twee geleenthede probeer om kommentaar by die kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, me. Thobeka Mtshiselwa, te ky oor die bewering dat werkers staak omdat oortyd nie betaal word nie.

Geen terugvoering is teen druktyd ontvang nie.

Swartsakke, waarvan sommiges oopgeskeur, is op 10 Julie voor Lekwa se kantore opgemerk.

Wekers laai die vragmotor vol met swartsakke as deel van AfriForum se skoonmaakaksie twee weke gelede. (Foto verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button