Local newsNews

Hoëveld Fotografieklub se lede ding mee

Klub bied in Augustus weer aanlynkompetisie aan

SECUNDA – Fotograwe van die Hoëveld Fotografieklub het hul beste foto’s ingeskryf vir dié klub se maandelikse kompetisie wat hulle deesdae aanlyn moet aanbied.

Mnr. Danie Smit se foto, Kosmos Sunset, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdling en hy het ook ‘n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Een van sy ander foto’s, Witrug Aasvoël, het hom ook ‘n sertifikaat van meriete besorg.

Mnr. Pierre Jordaan se foto, By op Aalwyn, was die beste onder die senior-fotograwe se foto’s en me. Lorraine Botha se foto, Steam Punk, was die beste onder die junior-fotograwe.

Beide het ook sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is me. Sussa Pelser met Tiptoe, me. Sonia Boucher met Flowers, mnr. Encee van Huyssteen met Lindie, mnr. Jan Ferreira met Wit Roos, mnr. Piet Potgieter met Gogga maak Gogga Bang en dr. Leon Pelser met Reading.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende aanlyn-fotokompetisie sal in Augustus plaasvind.

Vir meer inligting, skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.

Mnr. Danie Smit se foto, Witrug Aasvoël, het hom ’n sertifikaat van meriete besorg.
Me. Lorraine Botha se foto, Steam Punk, was die beste onder die junior fotograwe.
Dr. Leon Pelser het ‘n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Reading.
Mnr. Piet Potgieter het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Gogga maak Gogga Bang.
Me. Sussa Pelser het ‘n sertifikaat van meriete ontvang vir haar foto, Tiptoe.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button