Local newsNews

Ouetehuis op Standerton stel omvattende maatreëls in werking

“Slegs deur 100% aan alle vereistes te voldoen, kan ons ’n redelike mate van sekerheid gee dat inwoners beskerm sal word,” het hy ook gesê.

Sekere van Kosmos Aftree-oord se inwoners en werknemers het verlede week positief vir Covid-19 getoets.

Volgens die bestuurder van die tehuis, mnr. Jack la Grange, is die families van die betrokkenes in kennis gestel en hulle word op hoogte van verwikkelinge gehou.

“Ons werk tans saam met die ‘National Institute for Communicable Diseases’ en die Departement van Gesondheid om verdere verspreiding te bekamp,” het mnr. La Grange gesê.

Die geriewe word weer ontsmet en die kwarantyngerief behoorlik gedisinfekteer.

Voorts word mense wat in aanraking met die betrokkenes was, deurentyd gemonitor.

Mnr. La Grange het gewys daarop dat instansies slegs toetsing doen as voldoende simptome voorkom vanweë ‘n tekort aan toetsmateriaal.

“Slegs deur 100% aan alle vereistes te voldoen, kan ons ‘n redelike mate van sekerheid gee dat inwoners beskerm sal word,” het hy ook gesê.

Van die tehuis se omvattende maatreëls sluit in die plasing van mense wat geïdentifiseer is in kwarantyn, self-isolasie en toetsing wanneer nodig, deeglike skoonmaak en ontsmetting, beperking van aflewerings tot die absolute minimum en voordurende kontak met owerhede vir hulp met implementering van verdere vereistes.

Mnr. La Grange het op Maandag 20 Julie gesê sowel personeel as inwoners wat positief vir die koronavirus getoets het, is onder doktersbehandeling en almal reageer daarop.

Vir verdere navrae kan ‘n e-pos aan mnr. La Grange by bestuurder.kosmos@inkontak.co.za gerig word.

Hy het versoek dat mense liefs nie telefonies in verbinding met hom tree nie weens die nypende personeeltekort en hulle is dringend op soek na gekwalifiseerde verpleegpersoneel.

Die kantoor sal in die stadium slegs een uur per dag oop wees.

Die span werkers en mediese personeel is ten slotte vir hul getroue diens bedank.

Lees ook: Drie gevalle van Covid-19 by Kosmos Aftree-oord op Standerton bevestig


Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button