Bronwen Pretorius van AfriForum balanseer verskeie balle in die lug
Hy besoek en hou ’n ogie oor al die gemeenskappe wat gebuk gaan onder diensleweringversuime sodat die missie van AfriForum gestalte kan kry.
Die man wat gemiddeld 50 oproepe per dag hanteer, ‘n duisternis boodskappe ontvang,’n geskatte 500 tot 700, is niemand anders nie as mnr. Bronwen Pretorius van AfriForum.
Tussendeur hou hy sy lyf berader om al die emosies van inwoners te bestuur.
“Dit hang af van jou dag en hoe dit begin het,” het hy gesê.
Bronwen gaan ook deur data soos ‘n mes deur botter.
As distrikskoördineerder vir die Hoëveld-streek, is sy brandstofonkoste die gemiddelde salaris van ‘n opgeleide administratiewe klerk by ‘n betalende onderneming.
Hy besoek en hou ‘n ogie oor al die gemeenskappe wat gebuk gaan onder diensleweringversuime sodat die missie van AfriForum gestalte kan kry.
Dit is om te verseker dat daar aan die basiese voorwaardes vir die voortbestaan van Afrikaners voldoen word, wat volhoubare strukture beoog om selfstandigheid te vestig.
Hul lidmaatskap is nie eksklusief nie en enige persoon wat hom- of haarself met die inhoud van hul burgerregtemanifes vereenselwig, kan aansluit.

Bronwen en Michelle het ‘n eenjarige dogtertjie, Aminé en sy hofmakery klink soos iets uit ‘n sprokie.
Hy het saam met sy oorlede broer in ‘n restaurant geëet, haar raakgesien en siedaar, die koeël was deur die kerk.
“Ek het vir Per gesê: daardie meisie is my trouvrou.”
Sy broer het net gelag maar nietemin, hulle is in 2016 op Standerton in die eg verbind.
Bronwen is gebore en getoë op die dorp en na skool het ses jaar se werksondervinding by Tutuka Kragstasie gevolg. Hy het ses maande in ‘n toesighoudende hoedanigheid waargeneem, voordat ‘n bestuurderspos by ‘n staalmaatskappy aanvaar is.
Sy keuse in musiek word na behore ontgin met die 70’s en 80’s se kunstenaars en veral die Britse groep Queen, is ‘n gunsteling.
Vir politiek sien Bronwen in die stadium nie kans nie.
“Ek glo nie ek sal dit daar maak nie,” het hy verduidelik.
Hy het sy beroepsbevrediging onderskryf, die maatskappy hoog aangeslaan en ten slotte benadruk dat sy geloofsoortuiging die spil is waarom sy lewe draai.
“Ek sou nooit kon doen, wat ek vandag doen, sonder die Here nie.”




