Goedehoop-leerders blink uit in Junior Algemene Kennis-kompetisie
Laerskool Goedehoop se jong slimkoppe het aan die skool se Junior Algemene Kennis-kompetisie deelgeneem.
Grade een tot drie leerders van Laerskool Goedehoop het op 11 Augustus hul kennis, geheue en algemene kennis op die proef gestel tydens die skool se Junior Algemene Kennis-kompetisie.
Die kompetisie het leerders met ’n verskeidenheid uitdagende vrae laat dink en hulle aangemoedig om krities te redeneer terwyl hulle pret gehad het.
Ten spyte van ’n paar moeilike vrae het die deelnemers beïndruk met hul entoesiasme en slim antwoorde.
In Graad Een het Steyn van Onselen die eerste plek behaal, gevolg deur Mieke de Beer in die tweede plek en Pietro van Rooyen in die derde plek.
LEES OOK: DA reports Lekwa CFO appointment and contract extension to Public Protector
Adelein Pretorius was die Graad Twee-wenner, terwyl Leia Zwarts tweede en Amelia Loots derde geëindig het.
In Graad Drie het Ariah Schambreel met die louere weggestap, Thea van Rooyen het tweede geëindig en Luka Breytenbach derde.
Die skool het al die wenners gelukgewens en elke leerder wat deelgeneem het, geloof vir hul bereidwilligheid om hul kennis uit te daag en nuwe dinge te leer.
Volgens die skool is nuuskierigheid en ’n liefde vir leer ’n ware wenkombinasie.
LEES OOK: Electoral Commission introduces new Disinformation Code ahead of 2026 Local Government Elections



