BETHAL – Die 36-jarige man wat op Maandag, 20 Julie in die hof verskyn het op aanklagtes van seksuele oortredings met verskeie dogters tussen 10 en 16 jaar oud, se saak is uitgestel na 3 en 4 November.
Volgens die ondersoekbeampte maak Covid-19 dit moeilik vir hofverrigtinge en om met die betrokkenes in die saak te praat en dit is hoekom die saak na later vanjaar uitgestel is.
Dié man is die pa van twee seuns en is in Augustus 2018 in hegtenis geneem.
Daar is tans verskeie klagtes teen die man. Die misdrywe het na bewering op Bethal en Secunda, meestal by familie-byeenkomste, plaasgevind.
Iemand van die gemeenskap het glo agtergekom daar is fout met ‘n meisie en het navraag gedoen waarna ‘n saak teen die man oopgemaak is.
Een van die meisies se ma’s word ook aangekla omdat sy versuim het om die oortredings aan te meld.
Also read: Okkert de Meillon gets bail



