Local newsNewsSchools

Laerskool Secunda skenk kos aan Hoëveldrif DBV

Skool bedank gemeenskap en ondernemings

SECUNDA – Leerders van Laerskool Secunda het onlangs op Mandeladag na Hoëveldrif DBV op Evander uitgereik en honde- en katkos, komberse, waterbakke en speelgoed ingesamel en daar gaan aflewer.

Ouers, leerders en sakelui het die projek ondersteun en altesaam 40 komberse, 98 blikkies hondekos, 101 sakke hondekos, 40 sakke katkos, 53 blikkies katkos, 18 kosbakke, 10 speel-items en 15 pakke hondebederfies geskenk.

Me. Lizelle Pieters, sosiale mediabeampte by Laerskool Secunda, het die ouers, leerders en personeel van die Eendedam Dierekliniek en Thread Worx vir hul skenkings en ondersteuning bedank.

 

Related Articles

Back to top button