TRICHARDT – Terra Nova Aftreeoord het op Woensdag, 5 Augustus ‘n nuwe Toyota mini-bus gekry wat gebruik gaan word om die inwoners weekliks rond te ry om inkopies te doen of die dokter te besoek.
Die ontwikkelaars van Terra Nova het die mini-bus geskenk en die sleutels aan die bestuur van die aftreeoord oorhandig.
Die sekuriteitsonderneming, StratconRisk, het onderneem om ‘n opsporingsmeganisme vir dié mini-bus in te sit.
Die eetsaal by Terra Nova Aftreeoord, waar daar drie keer weekliks etes beskikbaar is om weg te neem of om in die eetsaal te eet, is onlangs vergroot.
Die beplanning vir die versorgings-sentrum by Terra Nova Aftreeoord is reeds voltooi en dié sentrum sal binnekort oopmaak.
Daar is tans 44 wooneenhede waarvan 42 reeds bewoon word. Tans woon daar 65 bejaardes by Terra Nova Aftreeoord en belangstellendes kan steeds erwe en huise koop.
Die bestuur werk ook aan ‘n voorstelling om binnekort huurhuise ook beskikbaar te stel aan bejaardes wat eerder sou wou huur as om te koop.
Enige iemand kan ‘n huis by die aftreeoord koop, solank die persoon wat daar gaan woon 55 jaar of ouer is.
Kinders kan dus vir hul ouers huise koop.
Meer luukse en groter huise is ook beskikbaar en hul pryse is tussen R1.1 miloen en R1.9 miljoen vir ‘n erf van 400 vierkante meter en ‘n huis van 159 vierkante meter.
Dié aftreeoord bied ook ‘n gemeenskapsentrum waar daar ‘n sitkamer en haarkapper vir inwoners is, asook ‘n vertrek met verskeie speletjies.
Terra Nova Aftreeoord volg al die reëls en regulasies rakende die Covid-19 pandemie wat sosiale afstand, sanitasie en die dra van maskers insluit.
Besoekers se tempreratuur word by die hek geneem voordat hulle by die oord toegelaat word.
Vir meer inligting, skakel Terra Nova Aftreeoord by 060 901 1744.



