Isuzu staan gereed om inwoners te help
Die visie behels volhoubare groei en die missie, die lewering van waardetoevoeging tot produkte en dienste in die landbou en verwante industrieë.
Die Isuzu- en Haval-handelaarskap in Kroghstraat 15 verwelkom alle voornemende klante om hulle te besoek waar alles moontlik gedoen sal word om aan die klant se persoonlike, unieke behoeftes te voldoen.
TWK Agri (Edms) Bpk se visie en missie onderstreep die maatskappy se strewe na dienslewering.
Die visie behels volhoubare groei en die missie, die lewering van waardetoevoeging tot produkte en dienste in die landbou en verwante industrieë.
As handelaarskap is die volgende waardes ingebou:
• groei – ‘n onderneming om uitnemendheid na te streef en deurgaans vorige pogings te verbeter
• strewe – om die beste verskaffer van keuse en belegging te wees
• hernuwing – ‘n onderneming om proaktief die behoeftes van die rolspelers na te streef sonder om die generasies wat kom se toekoms te benadeel
• volhoubaarheid – ‘n vars uitkyk op besigheid, gerugsteun deur ondervinding en kennis
• bewaring – verantwoordelikheid neem oor omgewingsbewaring as erflating vir die toekoms; en
• ontwikkeling – belegging van tyd, hulpbronne en kennis in die jeug, werknemers, klante en die gemeenskappe waar ons diens lewer.
Die kredietafdeling strewe na professionele, bekwame en gehaltediens deur die trotse verskaffing van ‘n reeks produkte soos ‘n produksiefasiliteit, maandelikse fasiliteit, leningsterme en batefinansiering.
Die versekeringsafdeling het sedert 1978 na die maatskappy se groei en uitbreiding ‘n omvattende reeks van produkte voorsien, wat korttermynversekering, oesversekering, plantversekering, langtermynversekering en korporatiewe versekering insluit.
Die menslike hulpbronafdeling se doel is om ‘n regverdige, billike en postiewe werksomgewing vir alle werknemers te skep, aanvullend tot die visie en missie van TWK se groep van maatskappye.
Ook glo die maatskappy dat gesondheids- en veiligheidsbestuur ‘n daadwerklike deel van goeie bestuurspraktyke is en dat ongelukke, swak gesondheid en skade verhoed kan word.
TWK het voorts gesonde, interne kontrolemeganismes, rekeningprosedures, finansiële bestuur en werksontwikkeling.
Waarom dan nog wag? Moenie eens huiwer nie, besoek hulle vandag of skakel 017 712 1222 vir ‘n afspraak.



