Local newsNews

SAVF benodig alle items vir huis van veiligheid op Secunda

Die SAVF het reeds 'n gebou waar hulle beplan om dié huis van veiligheid oop te maak, maar hulle kort egter nog basiese items.

SECUNDA – Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) benodig verskeie items om hul beplande plek van veiligheid vir kinders in nood op Secunda voor die einde van die jaar oop te maak.

Die bestuur van die SAVF het besluit om nog ‘n pleeghuis in die omgewing oop te maak omdat die een op Evander gereeld vol is en kinders wat in uiters moeilike omstandighede is, op ‘n waglys moet wees.

Die SAVF het reeds ‘n gebou waar hulle beplan om dié huis van veiligheid oop te maak, maar hulle kort egter nog basiese items.

Hulle benodig 12 stapelbeddens, 24 matrasse, 30 matrasbeskermers, 30 kussings, 30 paslakens, 30 kussingslope, 30 warm komberse, 30 ‘comforters’, nege stelle gordyne (twee bane per venster), nege kantgordyne (3m breed en 180cm lank), 12 bedmatjies, ses bedkassies, 1 444 hangers om klere op te hang en muurversierings vir die kamers vir seuns en dogters.

Om die kamers in te rig en op te knap, kort hulle verf asook arbeiders om die mure en plafon te verf, Polyfilla, silikoon, skuurpapier, verfkwaste, verfrollers, verfpanne, verdunners, terpentyn, benodigdhede om klerekaste in te sit, twee kamers se mure moet vervang word en vyf kamerdeure.

Vir die badkamers benodig die SAVF vier kantgordyne (1m breed en 120cm lank), vier gordyne (1m breed en 120cm lank), twee badkamermatjiestelle, twee badmatjies, twee seepbakkies, vier toiletskoonmaakborsels, twee spieëls, 30 handdoeke en 30 waslappe.

Die badkamers moet ook herstel en opgeknap word en die SAVF benodig arbeiders om dit te doen asook twee baddens en twee storte, twee wasbakke, twee stelle krane vir die baddens, twee stelle krane vir die wasbakke, waterpype vir warm water, vier gordynrelings (120cm), twee handdoekrelings, stortkrane-, koppe- en pype en twee geisers.

Personeellede van die SAVF staan voor die gebou wat hulle wil inrig as ’n veiligheidshuis. Hulle is me. Zandria Malgas, me. Mari Louw, me. Annamarie Esterhuizen en mnr. Mabutho Mlotshwa.

Die versorgers van die huis van veiligheid gaan in twee kamers woon en die SAVF benodig vier beddens, twee bedkassies, twee stelle gordyne, twee stelle kantgordyne (3m breed en 180cm lank), twee gordynrelings, vier warm komberse, vier ‘comforters’, vier kussings, vier kussingslope en vier paslakens vir dié kamers.

Die mure en plafonne van die versorgers se kamers kort ook verf en opknappingswerk.

In die eetkamer en sitkamer benodig die SAVF vier eetkamertafels (ses sitplektafel), vier kantgordyne (3m breed en 180cm lank), vier stelle gordyne van dieselfde kleur (agt bane), ‘n sitkamerstel (12 sitplekke), tafeldoeke vir eetkamertafels, versierings en tafeltjies, ‘n televisie en ‘n televisiekas, ‘n radio met ‘n CD-speler en ‘n DVD-speler.

Die eetkamer en sitkamer kort ook herstel- en opknappingswerk wat die verf van die mure en plafon insluit asook muurproppe en gordynrelings opsit.

Die SAVF benodig ‘n groot wasmasjien vir die stoor- en waskamer, ‘n tuimeldroër, ‘n strykyster, ‘n wasgoedtafel, ‘n groot en lang wasgoedlyn, kaste en rakke en die opknappingswerk vir die waskamer sluit in die verf van die mure en plafon, kragproppe opsit, om die wasgoedlyn te span en hout om die kaste op te sit.

Vir die kombuis benodig die SAVF ‘n groot yskas, die koppeling en insit van warm waterpype, twee vrieskaste, ‘n gasstoof met ses plate, ‘n gasbottel vir die stoof, potte en panne, ‘n broodrooster, ‘n elektriese pan, ‘n ketel of ‘n ‘urn’, ‘n mikrogolfoond, iemand om kaste reg te maak en in te sit, iemand met ‘n sertifikaat om die gasstoof te installeer asook iemand om die geiser in te sit en om die mure en plafon te verf.

Belangstellendes wat enige breekware soos glase, koffiebekers, borde (groot en klein), papbakkies, glasbakke, staalbakke of mengers of enige ander kombuisware of enige ander items vir die huis wil skenk, kan met die SAVF in verbinding te tree.

Die huis kort ook herstelwerk buite asook materiaal om die herstelwerk mee te doen.

Vir meer inligting, of as jy ‘n bydrae wil maak, skakel die SAVF by 017 634 7719.

Lees ook: 

https://www.citizen.co.za/ridge-times/239860/savf-wil-nog-n-veiligheidshuis-vir-kinders-open-op-secunda/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button