Drie mense sterf na botsing op pad tussen Perdekop en Standerton
Die bestuurder van die Mercedes het in die hospitaal aan haar beserings beswyk en twee mense is op die toneel dood verklaar.
‘n Ongeluk op 1 September tussen Perdekop en Standerton, het die lewens van drie mense geëis.
Volgens ‘n betroubare bron, het ‘n silwer Mercedes en wit Ford Focus mekaar getref.
Die bestuurder van die Mercedes het in die hospitaal aan haar beserings beswyk en twee mense is op die toneel dood verklaar.
All Star Towing Services, Perdekop Polisie, staatsambulandsdienste, Jeria Ambulansdienste, sowel as nog ‘n ambulansdiens was op die toneel.
Volgens die kommunikasiebampte van die Standerton Polisie, adj.-off. Nkosinati Khanyile, is twee polisiebeamptes, sers. Maseko en konst. Kapa in die ongeluk dood.
Albei was by die Daggakraal Polisiestasie werksaam.
Die naam van die ander oorledene kon nie teen druktyd bevestig word nie.




