Pierre neem beste foto by fotografieklub se aanlyn byeenkoms
Belangstellendes kan by fotografieklub inskakel
SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydag, 4 September tydens ‘n aanlyn-byeenkoms hul beste foto’s ingeskryf en mnr. Pierre Jordaan was die wenner in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling met sy foto, Oggendstond het Goud in die Mond.
Hy het ook ‘n sertifikaat van meriete vir een van sy ander foto’s, Sonsopkoms by Stilbaai in die landskapafdeling ontvang.
Mnr. Danie Smit was die beste fotograaf onder die senior fotograwe met sy foto, Spiral en me. Lorraine Botha was die beste fotograaf onder die juniors met haar foto, Between Gigs.
Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is me. Sonia Boucher met haar foto’s, Bird in Bush in die natuurvoëls-afdeling, Lizard in die natuurafdeling en Do not Put all your Eggs in One Basket in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling, me. Sussa Pelser met haar foto, Artistic Model in die pikturale afdeling, me. Barbara Mitton met haar foto, Abandoned, in die tweekleurige foto-afdeling, mnr. Hanno de Beer met sy foto, Ironman Swimming Training, in die fotojoernalistieke afdeling, mnr. James Harris met sy foto, Skeletons in the Closet in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling, mnr Jeff Mostert met sy foto, BKA in die natuurvoëls-afdeling en dr. Leon Pelser met sy foto, ‘n Appeltjie met jou te Skil in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms aanlyn is op Vrydagaand, 9 Oktober.
Vir meer inligting, skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.











