Local newsNews
Pastoor Danie Mouton vang graad
Dié graadkursus sluit 36 modules in en strek oor drie jaar.
BETHAL – Elim Bedieninge op Bethal het op Sondag, 6 September past. Danie Mouton se gradeplegtigheid gevier.
Past. Mouton het sy Licentiare Theologiae-graad met lof geslaag en dit is deur die New Life-Instituut aan hom toegeken.
Dié graadkursus sluit 36 modules in en strek oor drie jaar.
Die adjunk-kanselier van New Life, dr. Graham Berry, asook die dekaan, past. Jean Holder en prof. Gert Venter (prinsipaal), het ook die gradeplegtigheid bygewoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



