Local newsNews

AfriForum se Piet Retief-tak rig waterpunte op

“Die projek se sukses en volhoubaarheid is afhanklik van die hele gemeenskap se samewerking en betrokkenheid,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld gesê.

Die AfriForum-tak in Piet Retief het van 14 tot 18 September sy eerste ses noodwaterpunte op strategiese plekke in die dorp opgerig sodat inwoners en gemeenskapslede in tye van nood toegang tot water sal hê.

Dít volg nadat ’n brief aan die gemeenskap gestuur is oor opgraderings en dat Piet Retief vir bykans twee weke geen watertoevoer sal hê nie.

Afgesien van beplande waterbeperkings, vind dit ook soms onbepland plaas.

Daar is by elk van die volgende plekke een tenk opgerig wat sowat 5 kiloliter water kan stoor: 

• Deborahstraat 2
• Jasmynestraat 11
• Magnoliastraat 20
• Piet Retief-moskee in Kempville
• A.G.S. Kerk Fontana (twee tenks)

Inwoners kan dié water vir huishoudelike gebruik aanwend.

“Die projek se sukses en volhoubaarheid is afhanklik van die hele gemeenskap se samewerking en betrokkenheid,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld gesê.

“Ons wil gemeenskapslede wat daartoe in staat is, aanmoedig om tot dié projek by te dra, veral persone wat boorgate het en kan help om water te verskaf.

“Ons wil graag nóg waterpunte in die Piet Retief-omgewing oprig om meer water tydens onderbrekings beskikbaar te stel.”

Mnr. Gerhard Bohmer, voorsitter van AfriForum se Piet Retief-tak, het ter afsluiting vir Build It bedank vir die voorsiening van die watertenks wat dié waterpunte moontlik maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button