Geliefde oud onderwyser van Ligbron sterf
Me. Roodt sal deur die gemeenskap van Ligbron vir haar passie waarmee sy nie net kultuur in Ligbron bevorder het nie, maar die passie waarmee sy elke dag geleef het onthou word.
Me. Anita Roodt, ‘n geliefde oud-onderwyser by Ligbron Akademie vir Tegnologie, is op 27 September oorlede.
Sy het in 1981 by Ligbron begin skoolgee en was ‘n Engelse onderwyseres.
Op sosiale media het menigte oud leerders van Ligbron vertel van die verskil wat sy in hul lewens gemaak het en vertel van die liefde vir Engels wat sy by hulle gekweek het.
Me. Roodt en haar man Herman, het verskeie musiekblyspele georganiseer, afgerig en saamgestel.
Sy het meer as 13 produksies op die planke gebring, wat “Joseph and the amazing technicolor dream coat”, “Grease”, “Oliver”, “It’s a kind of magic”, “The Phantom of the Opera”, “Beauty and the Beast” en “Sleeping beauty” insluit.
Sy en mnr. Roodt was altyd ’n gedigte span en wat lojaal teenoor Ligbron was en het ’n groot invloed in die gemeenskap asook elke kind wat in Ligbron was gehad.
Me. Roodt sal deur die gemeenskap van Ligbron vir haar passie waarmee sy nie net kultuur in Ligbron bevorder het nie, maar die passie waarmee sy elke dag geleef het onthou word.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



