CrimeNews

Hekmotordiefstal in Ermelo aan’t toeneem

Kapt Carla Prinsloo, woordvoerder van die Ermelo Polisie, maan inwoners om addisionele voorsorg te tref om hul eiendom te beveilig. 

Die Ermelo Polisie wil graag inwoners se aandag daarop rig dat hekmotordiefstal toenemend kommer wek.

Kapt Carla Prinsloo, woordvoerder van die Ermelo Polisie, maan inwoners om addisionele voorsorg te tref om hul eiendom te beveilig.

Sy het inwoners aangeraai om hul besonderhede in te graveer op ‘n yster gedeelte of die binnekant van die plastiek omhulsel van die hekmotor.

“Hoewel dit dalk nie die diefstal van die hekmotor voorkom nie, vergemoeilik dit die verkoop daarvan.”

Sommige inwoners het al van tevore ook hekmotors met steunarms aan die grond of binne die eiendom vasgeanker óf ‘n steunarm aan die bokant van die hek aangebring siende diewe maklik ‘n hek van die spoor kan lig.

Verskeie berigte is al voorheen plaaslik en landwyd oor hierdie tipe diefstal geskryf en die motief van dié diewe blyk meeste van die tyd te wees om die items vir skrootmetaal te verkoop.

Kapt Prinsloo raai egter inwoners aan om paraat te wees sou daar ook ‘n onheilspellende motief agter dié diefstal lê.

Gevalle is al voorheen aangemeld van hekmotors wat gesteel word waar huisrowers vir ‘n niksvermoedende slagoffer ‘n strik stel.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button