CrimeNews

Man van Piet Retief word lewenslange vonnis opgelê nadat hy tweejarige kleuter martel en vermoor

In plaas daarvan om mediese sorg vir die kind te soek, het Nhleko en sy minnaar die kind laat sterf terwyl hulle 'n plaaslike tradisionele funksie bygewoon het.

‘n Man van Piet Retief het op 26 Oktober ‘n stewige vonnis in die Mpumalanga-divisie van die hooggeregshof in Breyten gekry nadat hy ’n tweejarige seuntjie wreedaardig vermoor het.

Die beskuldigde, Boy Nhleko (29), het die kleuter doodgemaak omdat hy bloot nie gesê het dat hy ’n nood gehad het nie.

Die jong seun is in Oktober 2019 in die sorg van Nhleko en sy tannie gelaat, aangesien die kind se ma buite die dorp gewerk het.

Kort nadat hy onder die egpaar se sorg gelaat is, is hy vir ongeveer 36 uur aangerand, eerstens met ‘n belt, gevolg deur drie takke en later met ’n elektriese kabel.

Daarna, het Nhleko water gekook en dit in ‘n skottel gegooi waarin hy die kind gedwing het, wat daartoe gelei het dat die seuntjie ernstige brandwonde opgedoen het.

In plaas daarvan om mediese sorg vir die kind te soek, het Nhleko en sy minnaar die kind laat sterf terwyl hulle ‘n plaaslike tradisionele funksie bygewoon het.

Hulle het die lyk van die seun in ‘n vlak graf begrawe.

Nhleko en die tante van die seun het kort hierna vertrek na die Eswatini, waar hy sy broer meegedeel het wat hy gedoen het.

Hy het glo al die besonderhede van die gebeure aan hom bekendgemaak.

Sy broer het op sy beurt die saak by die polisie aangemeld en Nhleko is ‘n week na die moord by die Mahamba-grens in hegtenis geneem met sy terugkeer na Suid-Afrika.

Tydens die ondersoek het Nhleko die plek uitgewys waar hy die kleuter se lyk begrawe het.

Waarnemende regter van die hooggeregshof, mnr. Takalani Vincent Ratshibvumo, het gesê die manier waarop die moord gepleeg is, dui daarop dat die beskuldigde nie die waarde van ’n mens se lewe waardeer nie.

Die regter het die pyn wat die kind moes deurmaak gedurende die 36 uur voor sy dood, verduidelik.

Hy het verder aangedui dat Nhleko ongeduldig met die seun geword het.

Hy het gesê dat toe Nhleko ’n kind was, hy dieselfde dinge gedoen het as die kind, met die verskil dat hy nie grusaam daarvoor gemartel en gemoor was nie.

Nhleko is lewenslange gevangenisstraf opgelê en sy verdedigingspan het probeer om ’n aansoek om verlof tot appèl in te dien, maar die regter het dit van die hand gewys.

Die beskuldigde is ook ongeskik bevind om ‘n vuurwapen te besit en sy naam sal in die register van seksuele oortreders opgeneem word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button