’n Groep swaar gewapende mans het op 8 November op die Lothair FX-groep fabriek toegeslaan en met koperdraad ter waarde van meer as R4,7miljoen gevlug.
Die bende het die fabriek om omstreeks 8nm bestorm en het die veiligheidswagte wat op nagdiens gewerk het, asook die werknemers wat in die fabriek se koshuis bly, aangehou.
Volgens konst. Bathobile Khumalo, woordvoerder van Lothair Polisie, het die werkenemers wat gyselaar gehou is, beweer dat een van die mans hulle met ’n vuurwapen aangehou het, terwyl die ander na buite is.
“Hulle het gehoor hoe vragmotors buite die gebou waar hulle aangehou is, rondry.”
Die voorval het tot omstreeks 3vm geduur, waarna die verdagtes die mense se hande en voete met kabelbinders vasgemaak het.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



