BETHAL – Die 37-jarige man wat op Dinsdag, 3 November in die streekhof op Secunda verskyn het op aanklagtes van seksuele oortredings met verskeie dogters tussen 10 en 16 jaar oud, se saak is uitgestel na 3 en 4 Februarie.
Dié man is die pa van twee seuns en is in Augustus 2018 in hegtenis geneem.
Hy is vrygelaat op borgtog terwyl sy saak voortduur.
Daar is tans verskeie klagtes teen die man en die misdrywe het na bewering op Bethal en Secunda, meestal by familie-byeenkomste, plaasgevind.
Iemand van die gemeenskap het glo agtergekom daar is fout met ‘n dogter en navraag gedoen waarna ‘n saak teen die man oopgemaak is.
Een van die dogters se ma’s word ook aangekla omdat sy versuim het om ‘n saak oop te maak.



