Local newsNews

Marnu Prinsloo (6) veg vir ‘n tweede keer leukemie

Die opgewondenheid van die einde van die klein vegter se kankerbehandeling wat in sig is, was van korte duur.

Oud-Ermeloër, me. Anzelle Jansen van Rensburg en mnr. Pieter Prinsloo, se seuntjie, Marnu (6) veg hard om kop bo water te hou in die yslike stryd om vir ‘n tweede keer kanker te oorwin.

Akute limfoblastiese leukemie is in Junie 2017 by Marnu gediagnoseer, toe hy maar slegs drie jaar oud was.

Dit is ‘n soort kanker wat in die bloed en beemurg voorkom.

Me. Jansen van Rensburg het agtergekom dat Marnu baie bleek was, sy kliere was geswel en hy het blou kolle oor sy liggaam gehad.

Marnu het ook gereeld koors gekry en begin kla van maagpyn.

Sy ma het hom na hul huisdokter geneem wat hom na ‘n plaaslike pediater verwys.

Bloedtoetse is gedoen en Marnu is na Steve Bhiko Hospitaal verwys, nadat die dokter vermoed het dat hy bloedkanker het.

Me. Jansen van Rensburg het gesê: “Ons sal nooit die dag vergeet wat ons die nuus gekry het dat Marnu kanker het nie.”

“Ons was stukkend gewees en dit het gevoel asof ons wêreld onder ons uitgeruk is.”

Die gesin het ook dieselfde dag uitgevind dat hulle gesin ook ‘n babadogtertjie ryker word. Ná drie jaar van behandeling het Marnu kanker oorwin en was hy in remisie.

Die opgewondenheid van die einde van die klein vegter se kankerbehandeling wat in sig is, was van korte duur.

Sowat drie maande gelede, op 25 Augustus het Marnu en sy ouers die slegte nuus ontvang dat die kanker teruggekeer het en dat hy ‘n terugslag in sy sentrale senuweestelsel gehad het.

Hy ondergaan tans chemobehandeling en bestraling by Steve Bhiko Hospitaal in Pretoria sedert 31 Augustus.

‘n Soektog na ‘n geskikte stamstelskenker is geloods vir die beenmurgoorplanting wat Marnu benodig.

Marnu se drie-jarige suster, Mariné, is ook getoets maar is nie ‘n geskikte skenker nie.

“Die kanse is baie skraal om ‘n geskikte skenker in Suid-Afrika te kry, en die kostes om oorsee te gaan soek, kan miljoene rande kos.”

Oor die pad wat die klein vegter moet stap het sy ma op die Facebookbladsy, Marnu Prinsloo – Fighting the Big C, die volgende gedeel : “Ons yster doen steeds baie goed. Ek raak die laaste tyd baie emosioneel, maar dan kyk ek net vir hom dan gee hy my weer ‘n hupstoot.”

Marnu se ma het ‘n “go get funding”-fonds vir Marnu se behandeling geskep en enige iemand wat ‘n bydrae wil lewer, kan ‘n donasie maak deur die volgende skakel te volg, https://gogetfunding.com/marnu-fighting-cancer/.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button