Local newsNews

Standerton se militêre veterane sluit jaar gesellig af

Hulle beplan om ’n geborgde gholfdag op 27 Maart volgende jaar aan te bied en ’n hengeldag word ook in die vooruitsig gestel.

Die militêre veterane van die Standerskop het op Saterdag 14 November by die Waterfront hul jaareindfunksie aangebied.

Dié eenheid vorm deel van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging.

Mnr. André du Plessis, seremoniemeester, het die opening waargeneem en mnr. Jan Bezuidenhout, voorsitter, aan die woord gestel. Mnr. Bezuidenhou het almal bedank wat hom deur die jaar bygestaan het.

Hy het genoem dat die eenheid graag die kinders op Vrede by die kinderhuis met ‘n geskenkie wil verras.

Hulle beplan om ‘n geborgde gholfdag op 27 Maart volgende jaar aan te bied en ‘n hengeldag word ook in die vooruitsig gestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button