Local newsNews
Hanswors en dominee vermaak kinders by Rondefees op Secunda
‘Sirkus’ verskaf baie pret.
SECUNDA – Mense het op Saterdag, 7 November verskeie aktiwiteite en stallejies by die Rondekerk se Rondefees, wat vanjaar die tema ‘Sirkus’, gehad het, geniet.
Daar was ‘n treintjie en springkasteel vir die kinders asook verskeie speletjies wat hulle kon speel.
Hulle het ook die geleentheid gehad om te probeer om ds. Henry Stopforth met watersponse te gooi terwyl hy soos ‘n hanswors geklee was.
Nog ‘n hanswors het die kinders vermaak deur ballonne te vou.
Daar was ‘n teetuin waar mense kon sit en iets eet en verskeie stallejies wat kos en plante verkoop het.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



